Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Arts calendar

Arts calendar
 
2006-06-22


Bistro: Vanaand kan jy die winterkoue kom verdryf by Die Bistro in Strand Pavilion, Kusweg, Strand met die warm stem van Karla du Plessis in haar vertoning Steeds Op Vrye Voet. Vertoning begin 20:30 met à la carte-etes beskikbaar vanaf 18:30. Bespreek by 854-4026.

Konsert: Hy moker kitare, hy kraak verhoë, hy knak treffersparades, hy koel sy bewonderaars met water af, hy palm musiekprysbenoemings in, hy verleen jeug aan tydskrifvoorblaaie - en hy spog met driedubbele goue albumstatus... Dit is Nicholis Louw, SA se Poprock-Prins. Hy tree vanaand om 19:00 in die Stellenbosch stadsaal op. Skakel Lindie van Zyl by 856-3859 of 082-873-8593.

Paarl Mall: The well-known saxophonist, Hiram, will be entertaining visitors to Paarl Mall on Friday night in the Food Court from 19:00 till late.

Teaterkafee: Lize Beekman is môreaand by Dorpstraat op Stellenbosch. Saterdagaand is dit Karla du Plessis en Dinsdag Marlene Zwiegers in Uilvrou. Adamsappel is Woensdag daar en Bea van der Vyver op Donderdag 29 Junie. Besprekings by 886-6107.

Boekpraatjie: Die bekende kinderboekskryfster, Marianna Brandt, sal Saterdag om 11:00 in Protea Boekwinkel (Stellenbosch) oor haar nuutste publikasie, ‘Die avonture van Magrietjie Swaaiboude’ gesels. Tanja Joubert, wat vir die illustrasies verantwoordelik was, sal ook teenwoordig wees om oor haar besonderse bydrae te gesels. Skakel 882-9100 vir verdere besonderhede of besoek die webblad by www.proteaboekhuis. co.za.

Mark: Die Helderberg Veldwinkelmark vind Saterdag by Southey’s Vines in die Hoofstraat van Somserset-Wes plaas van 08:30 tot 13:00.

Konsert: Marissa van Zyl en Christelle van Wyk tree op Woensdag 5 Julie op in Zomerlust Restaurant, Paarl. Kom luister na al u ou en nuwe gunstelinge en geniet iets te ete daarby. Vir besprekings, kontak vir Marissa (083-413-0119) of Christelle (082-322-5682).
Sanger: Ken Mullan tree op Donderdag 20 Julie om 19:30 by die Paarl Polisiekollege op. Kaartjies beskikbaar by Musiklood, Print Right, of by Birgit Loots, 082-436-7328.

Concert: International recording artist Nassiri will be at the Velodrome in Cape Town on 2 August in his “Love Sees No Color World Peace Tour”. The visually stunning concert performance will be in collaboration with South Africa’s finest choreographers, singers, dancers and musicians.

Sanger: Die bekende Juanita du Plessis is op 10 Augustus om 19:00 in die SAP Kollege se ouditorium. Kaartjies beskikbaar by Musiklood (872-3863).

Kersmark: Soek uitstallers met kwaliteit handgemaakte artikels vir ’n Kersmark van 10 tot 24 Desember by Laerskool Noord-Eind, Paarl. Aansoeke sluit 31 Julie. Kontak Heidi Kleynhans by 073-637-2016.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za