Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sangeres steek hand uit

Sangeres steek hand uit
 
2006-06-22


DIE sangeres Melindi Charle het onlangs die inwoners van die Rusoord Ouetehuis in die Paarl vermaak.

Sy het ook ’n skenking aan die ouetehuis gemaak namens die Butterfly Beauty Project, ’n konsep wat sy ’n paar jaar gelede uitgedink het toe sy gevra is om ’n 11-jarige leukemielyer te ondersteun.

Melindi het ’n ‘Butterfly’-liedjie geskryf vir al die mense wat weens kanker of ander ongeneeslike siektes gesterf het.

Daarna het sy begin met haar Mnr en Mej Butterfly-kompetisies, waar mense tussen een en 24 jaar gekies is op grond van hul medemenslike eienskappe.

Navrae oor die projek kan gerig word aan 083-475-9395.

* Melindi se vierde CD, ‘Einde van die Reënboog’, sal van einde Julie af op die winkelrakke wees.

Intussen gee sy vyf CD’s aan Paarl Post lesers weg. Stuur net die antwoord op die volgende vraag per e-pos aan arts @paarlpost. co.za, voor Maandag 26 Junie: Wat is die naam van Melindi se welsynsorganisasie?



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za