Pretloop vir kinders
2005-04-21
’n PRETLOOP ten bate van Bowy Huis, ’n projek van Miqlat vir die versorging van MIV/Vigs babas en kinders, vind op Saterdag 23 April plaas.
Die 8km roete begin en eindig by McDonalds in Hoofstraat.
Registrasie begin om 06:00 daar en die stap begin om 07:00.
Inskrywings kan vooraf gedoen word by McDonalds, Koinonia, Pêrel Sport, Virgin Active en Bowy Huis.
Die inskrywingsfooi is R10.
Navrae kan gerig word aan Corné Steyl (082-9277-950) of Mandy Batts (863-3890).
More
News
|