Doen aansoek vir geldelike hulp
2006-06-22
DAAR is nog ’n laaste kans vir die kleiner welsynsorganisasies en NGO’s wat sukkel om die pot aan die kook te hou om in aan- merking te kom vir ’n unieke fondsinsamelingsprojek met die naam Give us a hand/Sit hand by.
Die Paarl se vermaakvenue, Waterpoel, gaan vroeg in September ’n ongewone veiling hou waar hande, versier deur Paarlse kunstenaars, opgeveil gaan word vir liefdadigheid.
Organisasies wat wil aansoek doen, kan hulle versoeke rig aan Waterpoel, Posbus 2050, Windmeul, Paarl of ’n epos stuur aan waterpoel@mweb.co.za.
More
News
|