Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pasop vir polio in Namibië

Pasop vir polio in Namibië
 
2006-06-22


BESOEKERS aan Namibië moet seker maak dat hulle teen polio ingeënt word voordat hulle die Suid-Afrikaanse grens oorsteek.

Twaalf sterftes wat aan polio toegeskryf word, is die afgelope ses weke in Namibië aangeteken.

Reisigers na Namibië word aangeraai om ten minste tien dae voor die vertrekdatum geïmmuniseer te word, of ’n opkikkerdosis (booster) van entstof te kry.

Belangrik is dat die sertifikaat van inenting gereed gehou word vir doeane-beamptes by die grens.

Volgens medici is dit nie voldoende vir volwassenes om poliodruppels te neem nie. Die inspuiting is slegs op bestelling by dokters beskikbaar.

Indien reisigers op hul terugkeer na Suid-Afrika ’n lamheid in hul bene en arms ondervind, moet ’n geneesheer in kennis gestel word.

Van die 84 verdagte gevalle in Namibië, is 49 in die Khomasgebied en 11 by Oshakati aangemeld. Die eerste gevalle van polio is op 10 Mei uit Aranos in die Suide geïdentifiseer. Die 12 sterftes was in isolasie in die hospitaal in Windhoek.

Die staatsbeheerde poging om elke persoon binne Namibië se grense teen polio te immuniseer, begin vandag nadat die poliovirus in elke gebied in Namibië behalwe Kavango en Omaheke kop uitgesteek het.

Die eerste tekens van polio is rugpyn, styfheid en pyn van die nek, hoofpyn, koors en spierpyne.

Ná vyf dae veroorsaak die virus swakheid in arms en bene, verlamming en asemhalingsprobleme.

Elkeen binne Namibië se grense, nie net Namibiese burgers nie maar ook besoekers, sal ingeënt word en ’n inkmerk kry op die vinger, soos tydens ’n verkiesing.

Die entstof vir hierdie spesifieke polio-virus word deur Unicef geskenk. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het personeel opgelei om die 2,5 miljoen dosisse toe te dien.

* Health organisations have warned visitors to Namibia not to enter the country without immunisation against polio.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za