Paarl wen eerste rond van liga
2006-06-22
DIE eerste span van Paarl Rugbyklub het sy eerste ronde ligawedstryd onoorwonne afgesluit toe hy Saterdag vir Strand United 25-20 geklop het.
Paarl is nou die bo-aan die punteleer van die Eerste Liga. Brian Cramer (2) en Eugene Herklaas het drieë gedruk, terwyl Jacques Hendricks met twee doelskoppe en twee strafdoele suksesvol was.
* Die eerste span van Albions Rugbyklub het Saterdag sy eerste ronde klubwedstryde op ’n lae noot afgesluit toe hulle 23-18 teen Noordelikes vasgeval het.
Albions kon nie sy kenmerkende hardloop-rugby speel nie ondanks die feit dat sy voorspelers goed opgeweeg het teen die jonger pak van Noordelikes.
Gamian Poggenpoel en Elrico Pietersen druk Albions se drieë terwyl Dominic Daniels met 'n doelskop, 'n strafdoel en skepdoel slaag.
More
News
|