Trompoppie-kompetisie
2005-04-21
DIE Boland Trompoppievereniging bied Saterdag die tweede kompetisie op die skoolveld van William Lloyd Primër aan van 11:00.
Die hekgeld is R10 (leerders R5).
Die kompetisie tussen die skole warm nou op en St Thomas (Malmesbury) veg om die boonste plek op die punteleer in die Laerskole afdeling.
In die afdeling vir Hoërskole is die kompetisie sterk met St Thomas, William Lloyd Senior en Atlantis wat mekaar behoorlik die stryd aansę.
Vredendal en Robinvale vaar ook goed en dit sal interessant wees om te sien hoe hulle teen Kasselsvlei van Bellville sal vaar.
Trompoppies is ‘n gewilde sportsoort onder meisies en daar is baie geleenthede aangesien daar jaarliks ‘n SA span gekies word om aan die węreldkampioenskappe deel te neem.
Die leidster van William Lloyd Primęr, Dominique Bothma, sal SA later vanjaar eers in ‘n binnelandse toer en dan in Kanada verteenwoordig.
Voormalige deelnemers word aangemoedig om hulself as beoordelaars en afrigters kwalifiseer. Kontak Adrienne Thomas by 862-5593 (skool) of 083-699-3313.
More
News
|