Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong Standars-spanne oorheers uitkloptoernooi

Jong Standars-spanne oorheers uitkloptoernooi
 
2006-06-22


DIE junior spanne van Young Standards het die meeste sukses behaal in die jaarlikse dr Freddie Adams/Kasbell Junior Uitkloptoernooi wat dié naweek op Stellenbosch gespeel is.

Die o.16 eindstryd is beslis tussen Standards en Albions en was gekenmerk deur skitterende hardlooprugby en hardnekkige verdediging deur albei spanne.

Standards het die spannende wedstryd 19-10 gewen danksy die beter benutting van sy kanse. Hulle druk drie drieë teenoor die twee van Albions.

Die kaptein van Standards, Cornel Cleophas, druk sy tweede drie, met die laaste beweging van die wedstryd en word welverdiend as Standards se speler van die toernooi aangewys.

Standards het vroeër in die halfeindronde vir Windmeul geklop, terwyl Albions sy plek in die eindstryd verdien het toe hy met Gardens afgereken het.

In die ander plaat-eindstryd het Blue Stars van Klapmuts verras deur die sterk span van Gardens met 21-19 te klop.

In die eindstryd van die o.14-afdeling was dit weer die bulletjies van Albions en Standards wat mekaar die stryd aangesê het.

En weer was dit Standards wat te veel skietgoed gehad het vir Albions en ’n oortuigende 27-5 oorwinning behaal het.

In die halfeindstryde was Standards baas oor Kylemore, terwyl Albions met Young Peoples afgereken het.

In die o.12-afdeling was dit ’n rits ander kleur truie wat in die eindstryd in aksie was.

Hier het Blue Stars vir Allandale 19-12 geklop.

In die een halfeindstryd het Gardens teen Blue Stars vasgeval, terwyl Allandale vir Standards uitgeskakel het.

“Die toernooi het weer eens bewys dat rugby gesond is en dat baie van dié junior spelers vir die klubs se senior spanne in die toekoms gaan uitdraf,” het Young Standards se sekretaris, Kevin Benjamin, gesê.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za