Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beste o.16 rugbyspelers speel op Wellington

Beste o.16 rugbyspelers speel op Wellington
 
2006-06-22


DIE o.16 Grant Khomo Rugbyweek word van 26 tot 29 Junie op Wellington aangebied.

Wedstryde sal op sowel Boland Stadion as die velde van Hugenote Hoërskool gespeel word.

Die eerste wedstryde word Maandag gespeel met die Luiperds en Griekwas wat om 10:45 in die eerste wedstryd op Boland Stadion sal kragte meet.

Daarna volg die wedstryde tussen die Vrystaat en Grens (12:00), OP en Blou Bulle (13:15), en die WP en Leeus (14:30).

Die amptelike opening is om 15:45 waarna die hoofwedstryd tussen die Boland se A-span en Kwazulu-Natal om 16:15 sal afskop.

By Hugenote sal Grens (Binneland) om 10:00 teen Mpumalanga te staan kom, met die Boland XV en Namibië wat om 11:15 kragte meet.

Die Griffons en SWD speel om 12:30 teen mekaar, waarna die Valke vir Limpopo (13:45) pak.

Die wedstrydbepalings vir die volgende twee speel dae sal na afloop van die betrokke dae se wedstryde opgestel word.

Daar word Woensdag geen wedstryde gespeel nie en die toernooi sluit op Donderdag af.

Toegang is R10 (gratis vir kinders). Stalletjies binne die stadion sal eet- en drinkgoed te koop aanbied.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za