Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Twaalfjarige brand dood

Twaalfjarige brand dood
 
2006-06-22


’n TWAALFJARIGE dogtertjie het die afgelope naweek tragies gesterf, toe sy in haar bed doodgebrand het.

Nicolene Arendse, ’n graad vyf leerder by Newton Primêr, was Sondagoggend vas aan die slaap toe ’n kers vermoedelik omgeval het in die opslaangebou waar sy en haar gesin gewoon het.

Nicolene se bedroefde pa, Karel Baron, het gesê dat hy ten tyde van die voorval besig was om by hul bure aan ’n vragmotor te werk, toe sy vrou, Maria Arendse, vir hom angstig geroep het en gesê het dat die huis brand.

“Ek het vinnig daarheen gehardloop en gesien dat die opslaangebou langs my broer se huis in vlamme is,” het Karel gesê.

“Ek het gille van binne gehoor en het geweet dat dit Nicolene is.

Maar die vlamme het reeds hoër as die dak gewoed, en ek sou self doodgebrand het as ek binne probeer gaan het.

“Ons het die brandweer gebel en het intussen emmers water op die vuur gegooi om dit te probeer blus, maar dit was tevergeefs.”

Teen die tyd dat die brandweer op die toneel aangekom het, was Nicolene reeds dood en die gebou, sowel as al hul besittings, in puin.

Nicolene se ouma, Lenie Frieslaar, het met trane in haar oë vertel watter liefdevolle kind haar kleindogter was.

“Nicolene het dikwels vir my op Saron kom kuier en dit was altyd ’n plesier om haar by my te hê. Sy was baie behulpsaam en hoflik.”

Nicolene se ma, Maria, was te ontsteld oor die voorval om daaroor te praat.

“Dit gaan baie lank vat voordat ek hieroor sal kan gesels,” is al wat sy kon sê.

Edward Gertze, onderwyser by Newton Primêr, het gesê dat Nicolene ’n pragtige, voorbeeldige kind was wat baie lief was vir skoolgaan.

“Haar klasmaats is in rou gedompel deur haar tragiese dood.”

Nicolene word Sondag om 14:00 vanuit die ou Apostoliese Kerk in Valleistraat, Newton, begrawe.

Nicolene word oorleef deur haar ouers en haar twee broers, Carlo (16) en Melvin (19).

’n Woordvoerder van die brandweer het die publiek gemaan om uiters versigtig te wees wanneer hulle oop vlamme laat brand soos kerse, olielampe en gas- of paraffienstowe.

Hy het gesê dat sulke toerusting nooit sonder toesig moet brand nie.

* A 12-year-old died in a fire.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za