Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skud vere reg vir pluimveeskou

Skud vere reg vir pluimveeskou
 
2006-06-22


VOëLS van eenderse vere sak einde vandeesmaand vir die 93ste SA Nasionale Pluimveekampioenskapskou op die Kleinplasie-skouterrein op Worcester toe.

Dan gaan die vere waai soos hulle om die gesogte titel van grootraskampioen en reserwe grootraskampioen meeding.

Die byeenkoms met 2649 inskrywings en 79 rasse - met die Wes-Kaapse Pluimveeklub as gasheer - duur van 27 tot 30 Junie.

Klasse behels onder meer sagteveer-hoenders, hardeveer-veghoenders, swemvoëls en kalkoene.

Elke geveerde word deur ‘n beoordelaar hanteer om vas te stel of dit aan die neergelegde standaarde vir die gegewe ras voldoen.

Daar word onder meer gekyk na die oë, tone, beenstruktuur, vere en kleur van die dier.

Die skou is op 29 en 30 Junie van 09:00 tot 18:00 vir die publiek oop en toegang is gratis.

Die skou word gesteun deur Agri Expo. Die Ou-Engelse Veghoender-bantamras het 273 inskrywings gelok, wat dit die grootste klas op die skou maak, terwyl die naasmeeste inskrywings in die Ou-Engelse Groot Veghoender ras val.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za