'n Droom word waar
2005-04-21
’n DROOM van ’n groepie Christenmans in die Paarl en Wellington, om ’n gereelde byeenkoms vir manne te hou, is besig om van krag tot krag te gaan.
Hulle het einde November die eerste ‘Manne vir Christus’ aangebied, met sowat 80 mans teenwoordig.
Hierdie getal het nou, ná vier byeenkomste, gegroei tot 250.
Die hele gedagte is dat dit interkerklik moet wees en vir manne. Die gevoel was dat mans ook eiesoortige kwessies en behoeftes het wat aangespreek moet word en dat hulle man-tot-man hieroor wil praat.
Die byeenkomste begin met gebed en samesang, wat die manne terdeë geniet. Die begeleiding word verskaf deur Johan Coetzer en sy orkes.
Hierna word daar voorbidding gedoen, en dan is dit tyd vir die hoofdis op die spyskaart: die spreker.
Sprekers wat reeds opgetree het, is Graham Powers, dr Johannes Erasmus, John Banza en pastoor Theuns Louw.
Daar word nie ’n bepaalde tema gevolg nie, elke spreker kies sy eie boodskap.
Die byeenkomste is gewoonlik die laaste Donderdag van die maand, met die volgende een op Donderdag 28 April om 19:30 in die Protea Aanbiddingsentrum in Hoofstraat, Paarl.
Die spreker is Reon Schutte wat in die Chikurubi-gevangenis buite Harare, Zimbabwe aangehou is van 1989 tot 21 Oktober verlede jaar. Sy verhaal is een van geloof, deursetting en volharding te midde van die hopelose poisie waarin hy hom bevind het.
Die organiseerders het ’n spesiale uitnodiging gebring aan manne van omliggende dorpe om byeenkomste by te woon.
Mans is ook welkom om die organiseerders te skakel met voorstelle vir sprekers, ens.
Mans wat belang stel in die byeenkomste, kan ook hul kontakbesonderhede deurgee, vir toekomstige inligting. Vir meer inligting, skakel Deon (082-891-4871), Freddy (082-700-0689), Fran
More
News
|