Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoekom kla die DA dan nou eers?

Hoekom kla die DA dan nou eers?
 
2006-06-22


EK verwys na die DA se klagtes oor die Drakenstein begroting vir 2006/2007 (Paarl Post 15 Junie) en wys daarop dat die konsepbegroting al op 30 Maart deur die Raad aanvaar is.

Daar was geleentheid vir Raadslede, amptenare, besighede, ander organisasies en lede van die publiek vir 30 dae om kommentaar op
die konsepbegroting te lewer.

Geen kommentaar op die konsepbegroting is van enige DA raadslid ontvang nie.

Die Munisipaliteit het ook geen lenings in die huidige boekjaar opgeneem nie. Die ou debiteure wat afgeskryf is, was gedoen uit eie fondse (voorsiening vir slegte skulde).

Dit dien verder gemeld te word dat alle ander Partye op die Raad (VF+, ACDP, WCC, FOD en ID) die begroting ondersteun en aanvaar het.


JT Basson (ANC)
Uitvoerende Raadslid: Finansies

Deetlefs du Toit (DA Raadslid) reageer: Die ANC wou nie die konsepbegroting in debat bespreek nie en het van die DA verwag om soos die algemene publiek per brief kommentaar te lewer.

Ons het volledige skriftelike kommentaar voorberei wat as basis vir debatvoering in die Raad sou dien.

Slegs ‘n dag voor die begrotingsdebat is raadslede skriftelik verwittig dat elke party (afgesien van sy verteenwoordiging in die Raad) slegs tien minute gegun sou word om ‘n begroting van R616 miljoen te bespreek.

Die ANC skram gedurig van debatvoering weg en beperk spreekbeurte.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za