Oggendtee vir skool
2006-06-29
’n GROEP Wellingtonse vroue is hard aan die woel met ’n oggendtee wat ten bate van die Alta du Toit Nasorgsentrum in Kuilsrivier gehou gaan word en waartydens Plusster Le-Lue Roode die gaskunstenaar sal wees.
Dit word op Saterdag 22 Julie om 10:00 in die saal van die NGK Wellington-Noord aangebied.
Die opbrengs is ten bate van die Alta du Toit Nasorgsentrum vir volwasse gestremdes, wie se koor ook sal optree.
Kaartjies (R50) is beskikbaar van Dalene Leipoldt by 873-3119 of 083-545-7694.
More
News
|