Toets vir prostaatkanker
2006-06-29
DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) bied in samewerking met Pathcare spesiale tariewe gedurende Junie en Julie vir PSA bloedtoetse om moontlike probleme in die prostaat vroegtydig op te spoor.
Hoe vroeër prostaatkanker opgespoor word, hoe beter die kanse op doeltreffende behandeling. As dit nie vroeg behandel word nie, kan kankerselle in die prostaat na ander dele van die liggaam versprei.
In die meeste gevalle toon prostaatkanker geen simptome in die vroeë stadiums nie, maar kan deur middel van hierdie bloedtoets opgespoor word.
Die toets meet die PSA-vlakke (’n protein wat deur prostaatselle vervaardig word) in die bloed en bepaal die waarskynlikheid van prostaatkanker. Indien hierdie tellings verhoog is, sal daar verdere toetse gedoen word om te bepaal wat die oorsaak is.
Meer as 80% van alle prostaatkankers word in mans ouer as 65 gediagnoseer wanneer daar reeds simptome van gevorderde kanker aanwesig is. Enige man kan vir hierdie toets gaan, maar Kansa beveel veral aan dat mans van 50 en ouer hierdie geleentheid moet aangryp en nie moet wag vir simptome nie.
Mans kan gedurende Junie en Julie bloed laat trek by PathCare, Mediese Sentrum, Berlynstraat (Langs Medi Clinic), Paarl. ’n Kontantbedrag van R55 is betaalbaar. Uitslae sal via Kansa aan alle kliënte terugbesorg word.
Vir navrae, skakel Mareé Lambrechts van Kansa by 082-922-3227.
More
News
|