Pret vir vakansie
2006-06-29
VIR die kleinspan wat al moeg gespeel is, is daar van Maandag vakansiepret by Drakenstein Biblioteek in Paulusstraat, Paarl-Oos.
Van Maandag 11:00 het hulle pret-aktiwiteite vir alle ouderdomsgroepe wat die winterkoue verdryf.
Dinsdag om 11:00 is daar 地 filmvertoning en vanaf 14:00 hou hulle 地 speletjies-middag. Woensdag besoek die Fairview plaaskinders die biblioteek vir boekopvoeding en 地 video/DVD vertoning.
Diegene wat graag 地 eie storie of gedig wil skryf, kan gerus Donderdag naderstaan. Die besoekende skrywer, Matovu, gaan jou vertel hoe om dit te doen. Vrydag word die gewone DVD- en videovertonings om 11:00 en 15:00 aangebied.
Die Meulstraat biblioteek het ook allerhande aktiwiteite volgende week, daagliks van 09:30 vir kinders vyf tot 10 jaar.
Bring Maandag 地 sk靡 saam om jou eie plakboek saam te stel. Dinsdag word handpoppe gemaak, wat Woensdag opgevolg word met 地 poppespel. Donderdag word 地 kostuumparty gehou en Vrydag 地 videovertoning.
By die Vanwyksvlei biblioteek in Weltevrede word volgende week elke dag dansklasse, aangebied deur dansonderwyseres Enid Rhode aangebied.
Vir inligting oor aktiwiteite, bel die biblioteke Drakenstein by 862-5127, Mbekweni biblioteek by 868-2759, Meulstraat by 807-4871, Groenheuwel by 868-2297, Franschhoek by 808-8406 en Wellington by 873-1121.
More
News
|