Bloedbank loop leeg
2006-06-29
DIE Wes-Kaapse Bloedoortappingsdiens beleef tans 地 ernstige tekort aan bloed weens winterkwale wat mense aantas.
Hulle verwag ook dat hul voorraad verder gaan daal weens die swaar verkeer tydens die skoolvakansie, wanneer meer ongelukke voorkom.
Die Diens doen 地 beroep op lede van die publiek tussen die ouderdomme van 17 en 65, meer as 50 kg weeg en 地 gesonde leefstyl volg, om bloed te skenk.
Om bloed te skenk, is feitlik 地 pynlose proses wat so min as vyftien minute van jou tyd in beslag sal neem.
Bloed kan elke Donderdag tussen 10:00 en 19:30 geskenk word by die kliniek in die Paarl Hoofstraat langs die Protea Aanbiddingsentrum.
Vir verdere inligting kan die Bloedbank geskakel word by 871-1030. Wees 地 lewensredder en skenk bloed!
More
News
|