Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Norval kry eie prokureur

Norval kry eie prokureur
 
2006-06-29


DIE vermeende ‘dolk-moordenaar’, Clifford Norval (22), het verlede week weer in die Paarl streekhof verskyn, maar dié keer met ’n private prokureur aan sy sy.

Norval staan tereg op die moord van ’n sekswerker, Ellenore Leander, op 1 April. Sy is 19 keer met ’n dolk gesteek en daarna tot in die straat voor Norval se ouerhuis in Aurorastraat, Denneburg, gesleep.

Norval is tot dusver verteenwoordig deur ’n regshulpprokureur, Minette Meintjies. ’n Familielid het egter ’n private prokureur, Clive Hendriks, aangestel om vir Norval te verteenwoordig.

Verlede week se verskyning was minder in die kollig as Norval se vorige verskynings, toe talle lede van die media teenwoordig was, asook lede van SWEAT, ’n aktiviste groep wat die regte van sekswerkers beskerm.

Net ’n handjievol familielede van Leander het die verrigtinge bygewoon.

’n Netjies geklede en skoongeskeerde Norval het ook meer ontspanne voorgekom in die beskuldigdebank.

Die saak is vir ’n maand uitgestel tot 27 Julie om vir Hendriks die geleentheid te gee om op hoogte van die saak te kom.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za