Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Diep waters

Diep waters
 
2006-06-29


“AS die wolke begin saamtrek dan wonder ek al wat se skade nou weer in my huis aangerig gaan word.”

So sê Andrew Bassick van Nkululekostraat, want elke keer as dit reën, beland sy huis in Greenfields, Paarl-Oos, so te sê onder water.

Bassick se staatsgesubsideerde huis lê omtrent a halwe meter laer as die ander huise in die straat en met die geringste reën wat in dié gebied val, stroom die water deur sy vertrekke.

“My wasmasjien, matte en kaste is reeds tot niet weens die water.
“Ek kla al sedert 2003 by die munisipaliteit, maar tot dusver het my geskrewe klagtes op dowe ore geval,” verduidelik Bassick.

“Weens die water is die mure van die huis ook besig om vrot te word en dit voel asof my huis eendag inmekaar gaan stort hieroor.”

Bassick het gesê dat hy nou die nuwe raadslid van die gebied, Cynthia Philander, genader het oor die situasie en sy het uiteindelik iemand van die stormwaterafdeling van die munisipaliteit gestuur om na die probleem te kyk.

Bassick sê egter dat dit nie net gaan help om die stormwater van sy huis af weg te lei nie - die munisipaliteit sal ook die skade wat die water reeds aan die huis aangerig het, moet herstel.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za