Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Waardeer hierdie manne en vroue

Waardeer hierdie manne en vroue
 
2006-06-29


DIE rol wat polisie en ander sekuriteitspersoneel in die gemeenskap vervul, word nie altyd na waarde geskat nie.

Dit is eers wanneer ’n mens dit aan jou eie bas voel dat jy dié manne en vroue na behore skat.

Neem nou maar die Paarlse middedorp waar winkeldiefstal die afgelope twee maande met 400% gestyg het - reeds in die tyd dat die sekuriteitspersoneel gestaak het.

Tien wagte is nou aangestel om saam met die middedorp-sektorpolisie winkels en kliënte te beskerm. Goeie resultate is reeds behaal.

In dieselfde asem wonder ’n mens egter hoe sommige polisielede nog enigsins in staat is om ’n diens te lewer.

Vat maar die omstandighede waaronder daar op Wellington gewerk moet word.

Die huidige polisiestasie bestaan reeds byna ’n eeu. Intussen het die personeel van 25 na 130 gestyg en daar word onder haglike omstandighede gepoog om diens te lewer.

Selfs ’n parlementslid het al die gebou as ’n ‘tydbom’ beskryf, maar tot dusver is daar nog niks op die boeke om die situasie aan te spreek nie.

Die nasionale minister het darem laat blyk dat die saak prioriteit geniet.

In Paarl-Oos, waar daar jare al onder haglike omstandighede gewerk word, sal daar volgende jaar begin word met bouwerk aan die nuwe polisiestasie.
Dit is noodsaaklik dat ons na dié mense se fisiese en geestelike welstand moet omsien. Hoe anders kan ons behoorlike diens van hulle verwag?



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za