Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankie vir eerlikheid

Dankie vir eerlikheid
 
2006-06-29


EK glo alle eerlike en getroue landsburgers stem saam met “anti-diefstal” se brief (“Misdaadgolf word net groter”) wat onlangs in die Paarl Post geplaas is.

Ons is meer as keelvol vir misdaad en baie slagoffers moet tot met hulle lewens boet vir die bose kringloop wat net geen perke ken nie!

Maar glo my, daar is ook baie eerlike mense in die Paarl.

Ek het my motor geneem vir ’n skoonmaak en is tuis afgelaai deur die eienaar van die motorwassery, aangesien ek die motor eers later in die dag kon terugkry.

Na 20 minute het ek agtergekom my selfoon is nie in my sak nie en ek het die motorwassery geskakel om te verneem of ek dit nie per abuis in die motor vergeet het nie.

Die eienaar het gesê dat een van sy werkers, Valentina Adonis, die selfoon in die motor gevind en aan hom oorhandig het.

Ek waardeer dié werknemer se eerlikheid. Sy is ’n uitstaande voorbeeld vir haar medemens. Eerlikheid laat 'n mens se naam jou vooruit loop.

Dankbaar




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za