People kraai koning op eie toernooi
2006-06-29
DIE eindfluitjie van die eindstryd tydens Young Peoples Sewestoernooi is Vrydagaand met groot jolyt begroet toe die gasheerspan met die louere weggestap het.
Die Tiere het die toernooi, wat vir die 16de keer aangebied is, gewen toe hulle vir Laer Paarl in die beker-eindstryd 12-0 geklop het.
’n Volgepakte pawiljoen het skitterende rugby aanskou, met al die spanne wat mooi, hardlooprugby wou opdis.
Die spanne van Laer Paarl en Young Gardens was die twee spanne wat die oog gevang het en hul teenstanders verras het met hul ondernemende spel.
Die verdedigende kampioen, Albions, het in sy eerste wedstryd teen ’n begeesterde Young Gardens 7-0 vasgeval.
Albions het egter die plaat-eindstryd teen Young Standards 34-5 gewen.
In die skole-afdeling, het Noorder-Paarl vir Klein Nederburg 17-15 in die bekereindstryd geklop, terwyl Paulus Joubert in die plaateindstryd teen Charleston Hill 10-5 koning gekraai het.
Die volledige uitslae is: (Skole) Noorder-Paarl k Paulus Joubert 22-10, Klein Nederburg k Charleston Hill 15-12, (plaatfinaal) Paulus Joubert k Charleston Hill 10-5, (bekerfinaal) Noorder-Paarl k Klein Nederburg 17-15. (Klubs) Vineyards k Violets 12-5, Peoples k Standards 10-7, Young Gardens k Albions 7-0, Laer Paarl k Paarl Rangers 17-12, Standards k Violets 17-7, Albions k Standards 34-5, Peoples k Vineyards 21-0, Laer Paarl k Young Gardens 7-5, Peoples k Laer Paarl 12-0.
More
News
|