Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers kies twee nuwelinge vir eerste stryd teen OP

Kavaliers kies twee nuwelinge vir eerste stryd teen OP
 
2006-06-29


TOESKOUERS sal ’n paar nuwe gesigte sien wanneer die Boland Kavaliers vir hul eerste wedstryd van die Curriebeker se Eerste Liga-kompetisie uitdraf.

Die losskakel, Jacques Schutte, en vaskopstut Ruaan du Preez, maak Saterdag hul eerste verskyning dié seisoen vir die Kavaliers in hul wedstryd teen die OP op Wellington.

Schutte het vroeër vanjaar nog in Italië rugby gespeel, terwyl Du Preez weer fiks is, na ’n skoueroperasie.

Die getroue Wellington-skare sal hoop dat die twee die Kavaliers sal help om die tweede helfte van hul seisoen op ’n hoogtepunt af te skop.

Schutte, ’n goeie verspreider van die bal, sal sekerlik die Boland-agterlyn aanhits om sy kenmerkende aanskoulike hardloopstyl te speel.

Spelers wat vroeër vanjaar onderskeidelik by die Stormers en Springbok sewesspan betrokke was - Rayno Benjamin, Jongi Nokwe asook Antonius Verhoeven en Renfred Dazel - is ook terug in die span.

Nokwe sukkel egter nog met ’n enkelbesering en sal moontlik eers weer vir die volgende wedstryd fiks wees.

Die Boland-senter Claude Arendse, wat in die Vodacombeker-kompetisie goed gespeel het, is deur SA Rugby gekies om aan sy
Elite program deel te neem wat ’n drieweke-kursus by die Nieu-Seelandse Rugbyakademie behels.

Volgens die Boland se spanbestuurder, Denver Pienaar, het hulle geen kennis oor die naweek se OP-span nie.

“Hulle is ’n totale onbekende faktor, ons weet glad nie hoe lyk hulle span nie. “Maar die OP is ’n span wat jy nooit kan onderskat nie,” het hy gesê.

Die wedstryd skop om 15:30 op die Boland stadion af.

Die Boland-span is Justin Peach, Rayno Benjamin, Piet van Zyl, Kobus Meintjies, Renfred Dazel, Jacques Schutte, Charl Blom, Francois Prinsloo, Henley du Plessis, Angelo Brinkhuys, Piet Myburgh, Coenie Basson, Ruaan du Preez, Conrad Burke (k) en Fabian Brandt.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za