Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Horne pronk in Bok sewestrui

Horne pronk in Bok sewestrui
 
2006-06-29


’n WELLINGTONSE rugbyspeler is nader aan sy droom om Springbok te word, nadat hy onlangs vir die Opkomende Springbok Sewesspan uitgedraf het.

Frankie Horne is al vir die afgelope paar jaar ’n staatmaker in die eerste span van Wellington Rugbyklub.

Dié woelige flank was deel van die Opkomende Springbok Sewesspan wat verlede week die Tusker Safari Sewestoernooi in Nairobi gewen het.

Die Springbokke het Zimbabwe in die eindstryd 26-22 geklop. Dit is die eerste keer vandat die jong Bokke deelneem, dat hulle die toernooi wen.

Die Bokke se vorige beste vertoning was ’n plek in die eindstryd in 2004 toe hulle deur Kenia geklop is.

Die Springbokke het in hul eerste wedstryd een van die groot gunstelinge, die Britse Weermag, 40-19 kafgedraf.

In die kwarteindstryd het die Suid-Afrikaners die manne van die Bristol Universiteit 28-12 laat les opsê.

In ’n baie spannende halfeindstryd teen die die tuisspan, Kenia, het die Springbokke genoeg gedoen om 17-12 te wen.

“Ons was nie die gunsteling om die toernooi te wen nie. Kenia, wat negende op die Internasionale Rugbyraad se sewesranglys is, was beslis die gunstelinge, daarna Frankryk, die Britse Weermag en dan ons,” vertel Horne, produksiebestuurder van ’n kurkpropbesigheid op Wellington.

“Dit het ’n groot opskudding veroorsaak toe ons die span van die Britse Weermag geklop het.”

Hul grootste sege was egter die een teen die gasheerland.

“Daar was 10 000 mense in die stadium en almal gil vir Kenia - dit was chaos.

“Ons was gemaklik 12-0 voor na die eerste helfte, maar die Keniane het goed teruggekom en met ’n gelykop 12-12 uitslag ’n blitsbeslissing in ekstra tyd afgedwing.”

Die eindstryd het ook sy eie hoogtepunte vir die Wellingtonner ingehou.

“Teen Zimbabwe het ek die eerste drie gedruk. Ek moes sowat 70m nael om die skop van ’n spanmaat op te volg, en ons was redelik tam na die harde stryd teen Kenia,” vertel Frankie.

Frankie speel sedert hy in 2001 aan Hugenote Hoërskool gematrikuleer het, vir Wellington Rugbyklub.

Op skool het hy as haker in die voorry gesak, maar toe hy begin klubrugby speel het, het die afrigters gevoel hy is te klein vir dié posisie.

Dis toe dat hy na die kant van die skrum skuif en die rol van baljagter sy eie gemaak het.

Hy het in die proses die Boland in verskeie spanne verteenwoordig.
In 2002 het hy vir die Boland o.19-span uitgedraf en later vir die o.20 (2003), Boland Amateur (2004 en 2005) en Boland Kavaliers (2005 en 2006).

Frankie is vanjaar by die Kavaliers gekontrakteer maar het nog net in een Vodacom-wedstryd, teen die Vrystaat, speelkans gekry.

“Die kompetisie is maar taai vir die flank-posisie,” sê hy met ’n glimlag.

Hy was ook vroeër vanjaar tydens die IRB sewestoernooi in George deel van die SA reserwe-poel.

“Ek sou vir Tunisië gespeel het, maar hulle het toe daarteen besluit,” sê Frankie.

Hy is is ewe tuis in ’n sewespan as in die vyftienman-kode, sê Frankie.

“Sewes het sy eie voordele. Jy het meer vryheid om te hardloop, maar jy moet die game verstaan.

“In die vyftien-man opset het jy meer geleentheid om kontak te maak.”

Die 23-jarige blondekop is optimisties oor sy rugbyloopbaan wat voor hom uitstrek.

“Ander Boland-spelers soos Renfred Dazel en Jongi Nokwe het ook hul merk op die sewesveld gemaak en dit het hulle net bevoordeel.

“Ek hoop om meer vir Boland te speel en ek dink die Kavaliers staan ’n goeie kans om die Eerste Liga van die Curriebeker



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za