Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man met koek betrap

Man met koek betrap
 
2006-07-06


’n VERMEENDE dief is verlede week op heterdaad betrap terwyl hy besig was om aan sy buit te hap.

’n Man het Vrydagaand ’n silwer Mazda 323 in Langstraat, Noorder-Paarl, se ruit gebreek en die kattebak van die voertuig oopgemaak.

Binne in het hy ’n rykdom peuselgoedjies gevind, onder andere twee liter melk, ses bottels bier en ’n laagkoek. Hy het sommer dadelik begin weglê aan die koek.

Kort hierna het ’n oplettende buurman die man by die kar sien staan terwyl hy tog te lekker eet, maar hy het onraad vermoed toe hy die stukkende venster van die voertuig gesien het.

Die buurman het die vermeende dief agterna gesit, en bure het hom te hulp gesnel.

Die man is kort hierna platgetrek en aan die polisie oorhandig.
Norman Kammies is in hegtenis geneem in verband met die voorval.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za