Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nat, natter, natste

Nat, natter, natste
 
2006-07-06


DIE Pretorius-gesin van Versaillesstraat, Wellington vrees die winter. Dis dan dat hulle - en hul hond - met nat voete en klei op die huismatte moet lewe.

Vier jaar lank al, vertel Anita Pretorius, is daar leë beloftes van die munisipaliteit oor plan wat gemaak sal word met die stormwater wat oor Versaillesstraat stroom en hul laagliggende erf oorspoel.

Daar is wel in 2003 ’n kasduiker onder die straat gebou, maar dié afloop is onvoldoende, meen Pretorius.

Dit is veral die sif voor die duiker wat die probleem vererger, met rommel wat met elke groot reën dit verstop. Die sif is ingebou om te verhoed dat betreders onder die straat deurkruip tot in ’n skrootwerf.

“Dwarsdeur die somer, jare al, sukkel ek om die munisipaliteit te kry om die saak reg te stel,” sê Pretorius.

“Hulle het darem al ’n aflooppyp langs die huis gelê, maar die water stroom eenvoudig daar verby, by die voordeur in.”

Die reën wat agter om die huis stroom, verander die erf in ’n dam, met net die hondehok as eiland in die water.

“As dit erg reën en ek bel, dan bring hulle sandsakke, wat nie naastenby die water kan uithou nie.

“Met die vreeslike skade twee jaar gelede is daar aan my belowe dat die probleem binne twee maande reggemaak sou wees. Maar vanjaar is dit maar weer so.”

By navraag het ’n woordvoerder van die Drakenstein munisipaliteit daarop gewys dat daar reeds ’n 60m lange kasduiker deur die skrootwerf gelê is.

Die diefwerende rooster aan die oostekant van Versaillesstraat kon toe ook verlede week (ná die stortbui) verwyder word.

Met die swaar reën verlede week is die probleem vererger deur bourommel wat glo onwettig gestort is waar die water moet wegloop.

Dié gebied is nou ook deur munisipale masjinerie skoongestoot.

“Alle moontlike obstruksies is nou verwyder en ons glo die probleem is opgelos,” het die woordvoerder gesê.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za