Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Klipgooi op Paarl pad

Klipgooi op Paarl pad
 
2006-07-06


DIT lyk asof die plaag aanvalle op motoriste op die Kaapse paaie nou oorgespoel het na die Drakenstein-gebied.

Die afgelope naweek is twee gevalle by die polisie gerapporteer waar klippe op voertuie gegooi is.

Saterdagmiddag is ’n klip vanaf die Ceceliastraat-brug naby die Paarl Mall op ’n vragmotor gegooi wat op die N1 gery het.

Die voorruit van die vragmotor is gedeeltelik gebreek.

Dieselfde aand om 21:00 is ’n Opel Corsa vanuit Kaapstad op dieselfde plek deur ’n klip getref. Die voertuig is effens beskadig.

Die polisie het motoriste gevra om kwaaddoeners op oorgangsbrûe te rapporteer by 807-4000.

* Twee mans is Sondagmiddag omstreeks 14:00 dood in ’n botsing op die Perdeberg-pad, toe ’n Fiat Uno agter in ’n Toyota Tazz vasgejaag het wat vermoedelik besig was om in die pad agteruit te ry.

Die 64-jarige Koos van der Westhuizen wat in die Fiat was, is op slag dood, en Samuel Alkaster, ook in die Fiat, is Maandagoggend in die Paarl Hospitaal aan sy beserings oorlede.

Koos se broer, Willem, die bestuurder van die voertuig, verkeer tans in ’n ernstige toestand in die Paarl Medi-Clinic waar hy aan ’n ventilator gekoppel is. Die mans was almal woonagtig op plase in die Perdeberg-gebied.

Niemand in die Toyota Tazz, wat van Kaapstad afkomstig is, is in die ongeluk beseer nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur.
* Two vehicles have been hit by stones on the N1 at Paarl.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za