Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong man sterf voor kerk

Jong man sterf voor kerk
 
2006-07-06


’n HEGTE gesin is in rou gedompel nadat een van hul drie seuns op slag dood is in ’n gru-ongeluk in die Hoofstraat van die Paarl.

Die ongeluk het Vrydagaand omstreeks 11:30 plaasgevind toe twee voertuie vermoedelik gejaag het in Noorder-Paarl.

Conrad du Toit (23) het in ’n rooi Ford Fiesta gery en volgens ooggetuies het ’n blou VW Golf langs hom gejaag.

Conrad het by die Langstraatkruising beheer oor sy motor verloor en twee padtekens platgery voordat die voertuig met sy dak teen ’n boom voor die Paarlberg NG Kerk te staan gekom het.

Hartseer tonele het hul Vrydagaand op die ongelukstoneel afgespeel, nadat die nuus van Conrad se dood soos ’n veldbrand versprei het.

Die ongeluk het ook ’n hanetree van Conrad se ouerhuis in St Francislaan plaasgevind.

Talle van sy jong vriende het in trane en ongeloof by die tragiese toneel aangekom, waar hulle toegekyk het hoe Conrad se lewelose liggaam naby die wrak gelê het.

Sondag was die getuienis van sy vriende en familie se hartseer getoon deur talle ruikers teen die boom, sowel as kerse wat die vorige aand ter herinnering aan Conrad gebrand is.

Conrad, ’n oud-Gimmie, het as assistent-wynmaker by Paardeberg Wynkelder gewerk.

Pieter Carstens, wyn- maker by Paardeberg, het gesê dat hy nie woorde het om Conrad se dood te beskryf nie.

“Hy was my linker- en regterhand en ons is almal by die kelder platgeslaan hieroor.

“Conrad het baie potensiaal gehad om eendag ver in dié bedryf te vorder.”

’n Bewoë DG du Toit sê, “My broer was ’n saggeaarde mens wat almal met sy glimlag geraak het.”

’n Kennis van Conrad, Wilro Nel, is presies ’n week voor sy dood in ’n motorfietsongeluk in die Hoofstraat in Suider-Paarl dood.

Vrae word gevra oor voertuie wat snags teen hoë spoed jaag in die Hoofstraat.

’n Woordvoerder van die verkeersowerheid het gesê dat wetstoepassing beoog word om te keer dat nog lewens doelloos verloor word.

Die polisie is op soek na ’n blou Golf wat vermoedelik by die ongeluk betrokke was.

Conrad word oorleef deur sy ouers, Anna-Marie en Gerhard, en twee broers, DG (18) en Marais (27). Die gedenkdiens was gister in die Paarlberg NG Kerk.

* A young Paarl man died in a horror crash in Main Street.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za