Fietsryers vir Boland skolespan gekies
2006-07-06
’n SPAN van 21 Boland fietsryers gaan die naweek aan die Eric van Enter Interprovinsiale-kompetisie in Vanderbijlpark deelneem.
Die ryers sal van die o.10 tot junior ouderdomsgroepe deelneem en op die pad in aksie wees.
Avril Adams, Elrick Kulsen, Peter Daniels, Sandra Arendse en Stephan Manuel is die afrigting- span wat die groep sal vergesel. Fietsry Suid-Afrika het geld van die Nasionale Loteryfonds ontvang wat vir die ryers se vervoer, verblyf en etes sal betaal.
Die ryers is Bradwin Daniels, Chesne van Wyk, Nathan Cornelissen, Mario Jacobs, Ralston van Niekerk, Brandon Christians, Clint Hendricks, Abre Hardine, Grant Stuurman, Clint Hartebees, Leslie Snyders, Reginald Benjamin, Ettienne Klein, Evan Adams (almal Rhadsport), Avril Adams, Joshwill Davids, Avery Arendse, Marius September, Natasha Marang, Gareth Albertus (almal Yorkshire) en Jonathan Manuel (FGB Wheelers).
More
News
|