Violets verlep, Albions sukkel
2006-07-06
ONDANKS ’n goeie begin, het Violets Rugbyklub Saterdag 18-15 teen Allandale vasgeval.
Violets het rustyd 10-8 voorgeloop, maar die tweede helfte sonder die nodige vuur gespeel.
Die voorspelers het hul kant gebring, maar dit was die agterlyn wat met swak verdediging en hanteringsfoute hul span onder druk geplaas het.
Edward de Jager en Dorian Isaacs het Violets se drieë gedruk, terwyl Chess Theo met ’n doelskop en strafdoel suksesvol was.
Violets se tweede span het 22-5 gewen, terwyl Allandale III 12-5 baas was.
Die eerste span van Albions Rugbyklub het Vrydagaand in ’n vriendskaplike wedstryd op Faurestraat Stadion 22-17 teen Primrose verloor.
Die Paarliete se drie drieë is deur Derick Prins, Alfredo Adams en Dominic Daniels gedruk.
Daniels was ook suksesvol met ’n doelskop.
Saterdag speel Albions op Daljosafat Stadion teen Scottsdene.
More
News
|