Riverstones skuur deur teen Blues
2006-07-06
DIE eerste rugbyspan van Riverstones het Saterdag kop opgelig ná hul nederlaag teen Young Standards en vir Laer Paarl (Blues) 11-9 geklop.
Hoewel die voorspelers weer eens oorheers en gebiedsvoordeel geniet het, het ontydige strafskoppe Riverstones se ritme op die aanval versuur en kanse om punte aan te teken in die slag laat bly.
Die span se hantering en hardlooplyne het beďndruk en slegs hardnekkige verdediging het gekeer dat Laer Paarl nie met ’n groter punteverskil verloor het nie.
N Fortuin het Riverstones se drie gedruk, terwyl Gerswhin Paulse in die kol was met twee strafskoppe. Blues se skepskop en twee strafdoele is deur Ryan Jordaan oorgesit.
Riverstones lę nou derde op die punteleer van die WP se vierde liga. Riverstones speel Saterdag weg teen Strand Pioneers. Busvervoer vertrek om 11:00 vanaf New Orleans.
More
News
|