Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stoumann lyk goed in Engeland

Stoumann lyk goed in Engeland
 
2006-07-06


Die driekamp-atleet, Martie Stoumann van die Paarl, het goed presteer by ’n kompetisie wat onlangs in Engeland gehou is.

Stoumann was die vierde vrou oor die wenstreep en het ’n goue medalje in haar ouderdomsgroep van 35-39jr ontvang.

“Die roete self was maar hard en die kompetisie nog taaier,” sê Martie.

“Ons het ’n kort-afstand resies afgelê, wat bestaan het uit 750m swem, 28km fietsry en 5km hardloop.”

Martie het die heuwelagtige fietsryroete in 50 minute voltooi. Die aanskoulike veldloopskof het haar 24 minute en 30 sekondes
geneem om klaar te maak.

Sy het die wenstreep na 1 uur en 30 minute oorgesteek, vyf minute later as die algehele vrouewenner.

“Dit was ’n ongelooflike ondervinding en beslis die moeite werd om dit te kon ervaar,” het Stoumann gesê.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za