Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Standards vee Vineyards onder die mat in

Standards vee Vineyards onder die mat in
 
2006-07-06


IN ’n titaniese stryd het Young Standards se eerste rugbyspan Saterdag vir Vineyards 20-16 geklop.

Die harde wedstryd is teen ’n geweldige tempo gespeel, met albei spanne wat goeie rugby opgedis het.

Vineyards swig onder Standards se volgehoue druk, en Enrico Davey teken die eerste punte van die wedstryd aan danksy ’n suksesvolle strafskoppoging pale toe.

Vineyards slaan kort daarna terug met ’n strafdoel deur Pongas Koopman, om die telling gelyk te maak.

Vineyards neem die voortou toe Mackie Heyns gaan druk om die rustydtelling 8-3 te maak.

In die tweede helfte het Standards begeesterde rugby gespeel, met die een aanval na die ander wat geloods word.

Vineyards se rotsvaste verdediging verhoed egter dat daar punte teen hul aangeteken word.

Standards se volgehoue druk word egter beloon met talle strafskoppe.

Elroy Arendse neem ’n vinnige tikskop van ’n strafskop af, vang die hele Vineyards-span aan die slaap en druk Standards se enigste drie van die wedstryd om die telling gelykop te maak.

Vier strafdoele deur Davey plaas Standards stewig in die bestuurstoel met die telling op 20-8.

Met tyd wat uitloop gooi Vineyards alles in die stryd en slaag met ’n strafdoel om die agterstand na 20-11 te verklein.

Goeie agterlynspel lei tot Vineyards se tweede drie deur Rory Southgate, en die wedstryd eindig ná die onsuksesvolle doelskop.

Standards speel Saterdag weg teen die ligavoorlopers Kylemore. Die bus vertrek om 12:00 vanaf die Paarl-Oos Polisiestasie.

Junior wedstryde tussen die twee klubs wat beide hul feesjaar vier, begin om 09:00 en sluit rugbywedstryde van die o.8 tot o.16 spanne in.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za