Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hillcrest maak amok

Hillcrest maak amok
 
2006-07-06


’n DRIëFEES soos min het hom Saterdag op Wellington afgespeel toe die eerste span van Hillcrest United vir Saldanha Tigers 88-8 afgeslag het.

Die gras op Pelikaanpark is behoorlik uitgetrap met die tuisspan wat 13 drieë gedruk het.

Hillcrest het van die afskop af uitstekend gespeel en besoekers nooit kans gegee om hul voete te vind nie.

Die voor- en agterspelers het goed gekombineer en die hele veld vol gehardloop, met die verskil dat elke beweging afgerond is en met punte beloon is.

Hillcrest het met dié oorwinning gewys dat sy 51-0 sege van die vorige week oor Hopefield nie ’n vloekskoot was nie.

Die manne wat vir Hillcrest gedruk het, is Shelton Benn (2), Franco Moses, Adenaan Arnold, Chad Meyer, Adam Arendse, Emile Philips, Justin Koopman en Mario Williams.

Die heelagter, Andrew Shand, het 24 punte aangeteken waaronder ’n drie, ’n strafdoel en agt doelskoppe.

Die haastige vleuel Gershwin Heugh is as die speler van die wedstryd aangewys nadat hy ’n driekuns drieë gedruk het.

’n Prestasie wat hy ook tydens voorverlede naweek se wedstryd teen Hopefield behaal het.

Hillcrest se tweede en derde span het 75-0 (13 drieë) en 57-3 (9 drieë) gewen .

Hillcrest is dan nou die voorloper in die Boland se Presidentsliga (Weskus-afdeling).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za