Kavaliers begin goed
2006-07-06
DIE rugbykeurders van Fidentia Boland moes een noodgedwonge verandering aan hul span maak wat Saterdag teen die Luiperds op Potchefstroom in waarskynlik hul belangrike Absa Curriebeker wedstryd in Afdeling Een speel.
Die slot Piet Myburgh is weens ’n kniebesering nie oorweeg nie. Hy het verlede naweek teen die Oostelike Provinsie se Mighty Elephants seergekry.
Myburgh se plek word deur die ewe bestendige Willie Bower ingeneem. Die Boland het die wedstryd oortuigend met 46-14 gewen.
Dit is seisoene laas wat Fidentia Boland met ’n reserwebank kan spog met spelers wat geensins die span in die steek sal laat nie.
Die voormalige Blou Bul-stut Andries Human en die voormalige Sprinkbok-slot van die Pumas en die Vrystaat, Marco Wentzel, sal die wedstryd op die reserwebank begin.
Die flank Callie Wannenburg het ook die groenlig gekry om die naweek saam met die span na Potchefstroom te reis.
Hy sal saam met Human en Wentzel asook Pieter Wium, Neil Papier, Evert Kleynhaus en Springbok sewesspeler Antonius Verhoeven die bank warm hou.
Die wedstryd teen die Luiperds sal geensins ’n maklike een wees nie. Die tuisspan het die SWD Arende in hul openingswedstryd met 48-5 kafgedraf. Dus kan die besoekers ’n harde, taai kragmeting verwag.
Die Fidentia Bolandspan is: Justin Peach, Ryno Benjamin, Piet van Zyl, Kobus Meintjes, Renfred Dazel, Jacques Schutte, Charl Blom, Francois Prinsloo, Henley du Plessis, Angelo Brinkhuys, Willie Bower, Coenie Basson, Ruaan du Preez, Fabian Brandt. PLAASVERVANGERS: Pieter Wium, Andries Human, Marco Wentzel, Callie Wannenburg, Evert Kleynhaus, Neil Papier, Antonius Verhoeven.
More
News
|