Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ek wonder wie het dié besluit geneem?

Ek wonder wie het dié besluit geneem?
 
2006-07-06


SEDERT die Paarl poskantoor geskuif het, was ek waarlik nie beïndruk nie - afgesien daarvan dat dit nie meer so maklik is om parkeerplek te kry soos by Van der Poelsplein waar die busse voorheen was nie.

Nadat die Poskantoor twee weke gevat het om waarlik te trek (na ‘n vals aankondiging oor die aanvanklike trekdatum in die Paarl Post en sowat ‘n jaar nadat aanvanklik gedreig is om die ou Nasionale Saal te koop) het hulle ‘n ware wit olifant staan gemaak vir ons posbushuurders.

Altesame 2000 busse in nou gekombineer agter in die nuwe poskantoorgebou in ‘n nou gangetjie wat ‘n uiters onveilige situasie skep.

Die steeg langs die gebou op pad na die posbusse is afgesonder. Al sit jy hoeveel veiligheidsligte op - al wat dit jou sal baat, is om ten minste nou te sien wie jou wil beroof.

Dan die gangetjie waarin die posbusse staan. Twee mense kan skaars in die gangetjie verbymekaar skuur - jy moet maar buitentoe gaan om van gedagte te verwissel.

Jy weet ook nie wie dalk daar agter in die gangetjies met sy draaie en inhamme vir jou wag nie - dis sekerlik nie iemand wat jou wil help met die pos se uithaal nie.

Die plek is veronderstel om 24 uur per dag oop te wees, maar almal sal na ure te bang wees om pos te kom uithaal. So, sluit maar die deure vyfuur toe.

Of kan al die bergies nou maar snags daar intrek? As hulle die ou poskantoor se stoep oorgevat en bevuil het, hoekom nie hierdie lekker warm gangetjie nie?

Nee wat, die Poskantoor sal nou self maar moet uithaal en wys - sit ‘n sekuriteitshek daar op en deel 2000 sleutels uit - een vir elke posbushuurder.

Foeitog - wonder wie sit agter al die swak plannetjies?

Smittie



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za