Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beamptes moet oë oopmaak

Beamptes moet oë oopmaak
 
2005-03-04


BY die onlangse Laerskole atletiekkampioenskappe te Dal Josafat-stadion, terwyl ek op die pawiljoen gesit het, het iets baie snaaks gebeur gedurende die naellope-items.

'n Dogter van Paulus Joubert Primêr het deelgeneem aan die 80m hekkies en het tweede geeïndig, maar volgens die beamptes by die eindstreep het sy nie plek gekry nie.

Ek het onmiddellik mnr Gertse van die betrokke skool ingelig en aan hom gesê dat almal kon sien dat sy tweede geeïndig het. En, toe die beamptes weer na die kamera-uitslae kyk sien hulle dat sy wel tweede was.

Ek wil net aan die beamptes sê: julle maak die kinders se gevoelens seer met jul snaakse beslissings. Kry vir julle plaasvervangers wanneer dit etenstyd is en maak oop julle oë, ons ouers en toeskouers is nie blind nie.

Bekommerde ouer



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za