Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland Sokker se wedstryde skop af

Boland Sokker se wedstryde skop af
 
2005-04-21


DIE eerste wedstryde van die Boland Sokker Assosiasie se Superliga het die naweek afgeskop.

Die uitslae is Double V United klop Newton 3-0, Vivendi klop Paarl Pirates 4-1, en Atletico klop Saints 2-1.

Die wedstryd tussen Greenhills en Young Strikers is uitgestel aangesien die veld op Klapmuts waarop hulle moes gespeel het, nie lyne gehad het nie.

Greenhills, Saints en Double V United speel die naweek weg in Worcester teen onderskeidelik Double Foot Shooters, Perfecto Tigers en Manchester United.

Die res van die spanne van die Drakenstein Sokker Assosiasie speel tuis op die Boy Louwvelde en op Wellington.

Plaaslike ondersteuners kan ook uitsien na die aandwedstryde wat binnekort op Woensdagaande gespeel sal word.

Die komende naweek vind die vroue-uitklopkompetisie van die BSA
in die Paarl plaas.

Nege spanne van Worcester, Stellenbosch en Drakenstein sal deelneem.

Klubs wat belang stel om te speel, kan Frans Crotz (862-2124) of Michael Blaauw (073-202-6672) skakel.

Die DSA het 18 manspanne in die plaaslike liga wat dié naweek volstoom begin ná onderhandelinge met die Drakenstein Munisipaliteit rakende geriewe.

“Die geriewe bly ’n kopseer omdat daar in Wellington geen sokkergeriewe is nie en in Paarl sal drie van die vyf velde by New Orleans eers teen die einde Mei speel-gereed wees. Daarby is niks gedoen omtrent die opknap en oprigting van kleedkamers nie,” sê die president van DSA, Luftie Hendricks.

“Vertoë is al egter gerig en ons verwag binnekort terugvoering van die Minister van Plaaslike Bestuur en Behuising, Marius Fransman,” het Hendricks bygevoeg.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za