Troufoto's kry voete
2006-07-13
’n PAARLSE egpaar is hoogs ontsteld nadat die enigste DVD met foto’s van hul onlangse troue gesteel is.
Daar is Sondagnag in ’n hout-huis agter die huis van Mackie en Jonathen Fortuin in Groenheuwel ingebreek, en ’n Samsung DVD-speler asook 30 CD’s is gesteel.
Die Fortuins stel nie soveel daarin belang om al die gesteelde goedere terug te kry nie, as die DVD met hul trou foto’s op.
“Ons is in Desember getroud en my ma het nog nie eens die foto’s gesien nie. Die fotograaf het ook nie ’n afskrif van die DVD nie.
“Al die ander besittings kan vervang word, maar die foto’s is onvervangbaar,” het Jonathen gesê.
Enigiemand wat ’n DVD teëkom met ’n troufoto op die omhulsel kan vir Mackie of Jonathen skakel by óf 083-982-4598 óf 084-871-5603.
* A Paarl couple have lost all their wedding pictures after a burglary.
More
News
|