Seun sien sy sussie verdrink
2006-07-13
Lise Beyers
DIE familie van ’n sesjarige dogtertjie wat Maandag verdrink het, moet leef met die wete dat haar liggaam steeds iewers onder die water van die Bergrivier lê.
Bellique Benjamin en haar broer Virgil (10) het Maandagoggend op die oewer van die Bergrivier gespeel, toe Bellique in die ysige waters geval het.
’n Hartseer Virgil vertel hoe hy gehoor het hoe sy suster om hulp roep voordat sy stadig onder die duister waters verdwyn het.
“Ek het na ons huis in Drakensbergweg, Egoli, gehardloop en vir my ouma vertel wat gebeur het. Sy het dadelik die polisie gebel en ons is terug na die rivier toe.”
’n Polisieduiker het vir twee uur dié deel van die rivier gefynkam in die omgewing wat Virgil uitgewys het.
Die soektog is die middag gestaak, en die volgende oggend voortgesit met duikers, ’n rubberboot en ’n polisie-snuffelhond.
Teen Dinsdagmiddag is ’n groot gedeelte van die rivier in dié gebied deursoek sonder enige sukses. Die soektog is onderbreek vir die Bergrivier-kanomarathon, maar sal later voortgesit word. Bellique het vanjaar begin skoolgaan by Hillcrest Primêr. Haar bewoë ma, Caroline Benjamin, het gesê dat sy ’n lewenslustige kind was wat elke oomblik van haar dag met ’n glimlag geniet het. “Ons sal nie rus totdat ons Bellique se liggaampie vind en ter ruste lê nie.” * A distraught ten-year-old Wellington boy witnessed the drowning of his younger sister in the Berg River on Monday.
DIE familie van ’n sesjarige dogtertjie wat Maandag verdrink het, moet leef met die wete dat haar liggaam steeds iewers onder die water van die Bergrivier lê. Bellique Benjamin en haar broer Virgil (10) het Maandagoggend op die oewer van die Bergrivier gespeel, toe Bellique in die ysige waters geval het. ’n Hartseer Virgil vertel hoe hy gehoor het hoe sy suster om hulp roep voordat sy stadig onder die duister waters verdwyn het. “Ek het na ons huis in Drakensbergweg, Egoli, gehardloop en vir my ouma vertel wat gebeur het. Sy het dadelik die polisie gebel en ons is terug na die rivier toe.” ’n Polisieduiker het vir twee uur dié deel van die rivier gefynkam in die omgewing wat Virgil uitgewys het. Die soektog is die middag gestaak, en die volgende oggend voortgesit met duikers, ’n rubberboot en ’n polisie-snuffelhond. Teen Dinsdagmiddag is ’n groot gedeelte van die rivier in dié gebied deursoek sonder enige sukses. Die soektog is onderbreek vir die Bergrivier-kanomarathon, maar sal later voortgesit word. Bellique het vanjaar begin skoolgaan by Hillcrest Primêr. Haar bewoë ma, Caroline Benjamin, het gesê dat sy ’n lewenslustige kind was wat elke oomblik van haar dag met ’n glimlag geniet het. “Ons sal nie rus totdat ons Bellique se liggaampie vind en ter ruste lê nie.” * A distraught ten-year-old Wellington boy witnessed the drowning of his younger sister in the Berg River on Monday.
More
News
|