In vino veritas
2006-07-13
IN vino veritas – die waarheid in wyn. Vir Suid-Afrikaanse wynmakers kom dié oomblik nou vinnig nader. Op Woensdag 16 Augustus moet hul inskrywings vir die 2006 Veritas Toekennings in wees.
Daarvandaan is roem of onbekendheid in die hande (of neuse en palette) van ‘n uitgelese paneel.
Dan is dit naels kou totdat die medaljewenners op Vrydag 6 Oktober aangekondig word en die uitverkorenes – dié wat goud en dubbelgoud verower het – aan die wêreld daarbuite uitgebasuin word. Veritas is inderdaad Suid-Afrika se grootste en bekendste kompetisie vir markklaar wyn en die wynbedryf se hoogste eerbewys vir uitnemende wynmaakvernuf.
Dié uitslae word by ‘n glansdinee in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum aan die groot name van die wynwêreld en wynskrywers bekend gemaak.
Kontak Elsabé Ferreira by SANW, tel 807-3104, faks 863-2079, per e-pos ferreira@vinpro. co.za of besoek die Veritas-webtuiste by www. veritas.co.za vir inskrywingsvorms en/of meer besonderhede.
More
News
|