Gardens speel Blue Downs lam
2005-04-21
DIT was nie net op Nuweland waar daar Saterdag ’n slagting plaasgevind het nie - hier in die Paarl het Young Gardens ook vir Blue Downs 74-0 vermorsel.
Bykans elke lid van die span het kans gekry om in die doelgebied te gaan kuier, met 11 drieë wat ingeryg is, insluitende ’n strafdrie.
Die driedrukkers is Joseph Dirkse, Jacques Botha, Neville Fortuin, Graig Johnson, Jeremia Hammers, Etienne Ruiters, Jeremy Koukom, Charl Hendrikcs, Ashley Jacobs, Jeremy September en Henry Vaneki.
Koukom het met sewe doelskoppe geslaag.
Davey de Kock is as speler van die wedstryd aangewys. Gardens se tweede span het net so oorheers en 43-3 gewen. Marlon Thomas, Randall George, Riaan Daniels, Warwick May, Arnold Fortuin, Edward Croaster en Alnathan de Jager het drieë gedruk.
George was in die kol met vier doelskoppe en May is as die beste speler aangewys.
Gardens speel Saterdag in Athlone teen Hamediehs. Die bus vertrek om 12:15 en is R15 per persoon.
More
News
|