Slaap oor in die Kaap
2006-07-13
DIE Bay Hotel en Pieter Toerien Produksies bied ’n aand in Kampsbaai wat insluit ’n vertoning van Jesus Christ Super Star, luukse verblyf en ontbyt, vir R495 (Sondag, Dinsdag, Woensdag en Donderdag) tot einde September.
Die moderne musiekproduksie “Jesus Christ Superstar” van Tim Rice en Andrew Lloyd Webber speel tot 6 Augustus. Cito, die voorsanger van Wonderboom, is in die rol van Jesus, die Suid-Afrikaans gebore Robert Finlayson, nou van die West End, vertolk die rol van Judas, en Candida Mosama speel Maria Magdalene.
Die volgende vertoning is Stepping Out (10 Augustus tot 9 September) met regisseur Paul Warwick-Griffin se komiese tapdans-musiekblyspel. Die storie handel oor ’n klomp onvanpaste vroue wat leer om te dans vir ’n fondsinsameling.
“Around the world in 80 Days” word van 19 September aangebied. Navrae by Ashlyn (420-4444 of res@thebay.co.za).
More
News
|