Drie stoutes saam
2006-07-13
IN die konsert Drie van die Stoutes op 27 Julie om 19:00 in die SAPS Ouditorium te Paarl, gaan Wicus van der Merwe, Zak van Niekerk en Thys die Bosveldklong saam op die verhoog verskyn.
Besprekings vir die konsert, wat slegs een keer in die Wes-Kaap gehou word, kan gemaak word by Elana by 082-498-6576.
* Om ‘n getekende CD te wen wat by die vertoning oorhandig word, stuur ‘n faks met die drie sangers se name na 987-0810. Slegs een inskrywing per gesin word toegelaat.
More
News
|