Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kamermusiekfees skop af

Kamermusiekfees skop af
 
2006-07-13


TOP musici is van môre op Stellenbosch vir die jaarlikse Internasionale Kamermusiekfees aangebied deur die departement musiek van die Universiteit.

Die fees skop môreaand af met ’n uitvoering deur die Stellenbosch Slagwerk Ensemble, asook die Sankofa Marimba Ensemble van Wits in die Endlersaal.

Die daaropvolgende aand vind die finale rondte van die Stellenbosch Nasionale Ensemblekompetisie ook in die Endlersaal plaas.

Van Sondag tot Woensdag sal internasionale musici, onder wie die violis Daniel Rowland, Julia Bushkova, Eugene Osadchy, Susan Dubois, Lecolion Washington, Michelle Vigneau en Abel Pereira, kragte saamspan met top Suid-Afrikaanse kunstenaars insluitend die Sontonga Kwartet, Nina Schumann, Corvin Matei, Suzanne Martens, Luis Magalhaes, Peter Martens, Matthew Reid en Brendan Kierman.
’n Hoogtepunt is die konsert Woensdagaand, waartydens Vivaldi se Vier Seisoene, asook die Vier Seisoene van Buenos Aires deur Piazzolla te hoor sal wees.

Donderdag volgende week sal die Fannarãcken Blaaskwintet van die Noorweegse Akademie vir Musiek ’n uitvoering van werke deur Ligeti, Nielsen, Arnold en Barber aanbied.

Volgende Saterdag tree die Kaapse komediant Soli Philander as verteller op in ’n uitvoering van Saint-Saëns se Karnaval van die Diere saam met die Feeskonsertorkes onder leiding van Xandi van Dijk.
Die aand- en simfoniekonserte vind plaas in die Endlersaal, US Konservatorium. Daar is ook daaglikse etensuurkonserte (R10) en middagkonserte (gratis) in die Fismersaal.

Vir programinligting, besoek www.sun.ac.za/chambermusicfestival of kontak 808-2499.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za