Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Spacekriek kaperjolle

Spacekriek kaperjolle
 
2006-07-13

David Joshua

HOU Dakskroef en Spacekriek dop, want dié twee is besig om midsdaad behoorlik op te skroef!

Met hul kabaretopvoering “Ma, waar is jou kind?” het twee Wellingtonse dramastudente en medespeler David Jachman hulle gehoor onlangs behoorlik laat skaterlag en ook na aan trane gehad.
Bradley Olivier en Solomon Cupido is tweedejaar-dramastudente by die Tshwane Universiteit van Tegnologie in Pretoria.

“Ons het dié stuk saam geskryf en voorberei vir ons finale toetsing verlede jaar. Ons moes alles daarvoor doen, van die teks en rekwisiete, musikale bywerking tot dekor.”

Daar word gek geskeer met die “gangster”-karakters “Dakskroef” en “Spacekriek” wat ’n bank probeer beroof, met tragiese gevolge.

“Ma, waar is jou Kind?” spreek tot die jeug van vandag wat te kampe het met allerlei sosiale en maatskaplike probleme van werkloosheid, armoede, dwelms en alkoholmisbruik en tienerswangerskappe.

Volgens “Spacekriek” Solomon Cupido, werk hulle reeds aan die vervolg van “Ma, waar is jou Kind?” en word gepoog om die stuk op DVD op te neem.

Hulle het ook al in die Meulteater opgetree en voor kerkgehore, wanneer tyd tussen hulle studies dit toelaat. Die twee het Saterdag terug Pretoria toe vertrek. Vir navrae, kontak Martin Gouws by 862-4864.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za