Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington loop oor Roses

Wellington loop oor Roses
 
2005-04-21


DIE groen truie van die Wellington Rugbyklub het Saterdag met ’n groot eindpoging gekom om hul bure, Roses United, 41-11 te klop.

Die spanne het mekaar goed gehou vir die duur van die eerste helfte met Wellington wat rustyd slegs 13-8 voorgeloop het.

Die swaar pak van die tuisspan het egter op Boland Stadion die pas aangegee en die besoekers voortdurend teruggedryf met stormlopies om die losgemale.

Die sagmaakwerk wat die agttal voorlangs uitgevoer het en die intrek van agterspelers, het die gapings vir Wellington-agterlyn laat
oopgaan en dié het met reëlmaat die doellyn opgesoek én gekry.

Wellington se uitblinkers voorlangs was die flanke, Frankie Horne en Bennie Hawley, en Gideon Louw (slot), terwyl die losskakel, Theuns Stoffberg en heelagter, Louw Schabort ook voortdurend Roses se verdediging getoets het.

Wellington se drieë is deur Horne (2), Stoffberg (2), Francois Prinsloo en Schabort gedruk. Stoffberg was ook in die kol met vier doelskoppe en 'n strafskop.

Vir Roses United het Ulrich Moller gedruk. Moller en Danie Roman was elkeen suksesvol met 'n strafskop.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za