Werkswinkel vir egpare
2006-07-13
’n WERKSWINKEL vir egpare word op Saterdag 22 Julie aangebied deur Famsa Boland.
Daar gaan spesiaal aandag gegee word aan egpare wat hulself in ’n tweede huwelik of ’n hersaamgestelde gesin bevind en wat aan hul eie lyf die dinamika en kompleksiteit van verhoudinge met gesinslede ondervind.
Egpare wat hierdie werkswinkel wil bywoon teen R120 per paar, kan Famsa skakel by 872-2700. Bespreking en vooraf registrasie is nodig, want daar is ’n beperkte getal plekke beskikbaar.
* Famsa het onlangs sy vyfde bestaansjaar in Drakenstein gevier. Die organisasie beywer hom om kwaliteit berading aan individue, egpare en gesinne te gee en dmv praatjies, werkswinkels en seminare die publiek te bemagtig tot die opbou en handhawing van bevredigende verhoudings binne alle gemeenskappe.
More
News
|