Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Old Boys Classic

Paarl Old Boys Classic
 
2006-07-13


DIE Hoër Jongenskool en Paarl Gimnasium se twee oudstudente-unies gaan hul interskole rugby- en gholfwedstryde kombineer onder die handelsmerk van Paarl Old Boys Classic (POBC).

Dit is die eerste jaar dat die twee unies so nou saamwerk en daar word beoog om nog sportsoorte te betrek.

Woensdagaand 3 Augustus om 19:00 vind twee rugbywedstryde (golden oldies gevolg deur old boys) plaas op die veld by Brugstraat. Die biertent open om 18:00 en die orkes Shamrock sal vanaf 20:00 tot middernag optree. Die eregas en spreker is Corné Krige. Toegangsgeld in die vorm van donasies word gevra.

Golf

Donderdag 4 Augustus van 07:30 vind die Coldfact Interskole-gholfdag te Boschenmeer plaas. Die toernooi se formaat is ‘n 4BBB Stableford met bekende Paarliet Tiny Neethling wat die prysuitdeling sal behartig.

Die POBC komitee rig ‘n uitnodiging aan alle oudstudente, ouers en belangstellendes van beide skole om die sportgebeure saam met hulle te kom geniet.

Rig navrae aan HJS Oudstudente-unie kantoor by 872-2835.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za