Pniel Villagers wen goed
2006-07-13
DIE span van Pniel Villagers het Saterdag in ’n baie opwindende wedstryd die manmoedige span van Bellville-Tech in ’n wegwedstryd met 32-19 geklop.
Die tuisspan het in die eerste helfte heelwat gebiedsvoordeel geniet en die besoekers was ietwat gelukkig om rustyd 17-5 voor te loop ná twee verdoelde drieë deur Gavin Petersen (vleuel) en ’n strafdoel.
In die tweede halfte het Pniel se voorspelers egter beheer van alle fasette oorgeneem en goeie besit verseker.
Vir die wenspan was Stefanus Cedras (losskakel) die groot uitblinker en het hy 12 punte met sy skopskoen aangeteken. Hy is as die speler van die wedstryd aangewys.
Die ander drieë is deur Lee Blaine en Eugene Daniels gedruk. Cedras het met drie doelskoppe en twee strafdoele geslaag.
More
News
|